paul eilers - hoofkarakter van faan
Faan se Trein, presented by SANLAM & Albert Maritz, is currently playing at the following venues:
| Datums | Dorp | Venue | Besprekings |
|
FAAN se TREIN en FAAN se STASIE 28Junie-2Julie |
NELSPRUIT | Innieboskunstefees | Computicket |
| FAAN se TREIN 5 Julie | PRETORIA | West-End Teater | COMPUTICKET en 012-3278155 |
| FAAN se STASIE 11 Julie | Bloemfontein | Volksbladkunstefees | COMPUTICKET |
| FAAN se STASIE 1 Augustus | PRETORIA | West-End Teater | Computicket of West-End ook by 012-327 8155 |
| FAAN se TREIN was KKNK 2005 se Gewildste Produksie, en AARDKLOP 2005 se gewildste produksie. | |||
|
Met Paul Eilers Regie: Albert Maritz Teks: Pieter Fourie |
|||
| Meer info by www.albertmaritz.co.za, of www.melkbosstrand.co.za of www.proformancetheatre.com | |||
Die eerste produksie van FAAN se TREIN, onder regie van Cobus Rossouw, is in 1975 deur 80 000 mense gesien – en dit nog voor die nasionale toer begin het. Daarna is die klassieke werk deur impresario’s opgeraap en nog tienduisende mense het dit gesien.
Albert Maritz is producing and directing Faan se Trein. This event promises to be as popular as in the past. Faan is the only Afrikaans theatre to have sold out runs in venues such as The Alhambra in Durban and the Johannesburg Civic Theatre.
Publicity for the show is already prominent, and has been boosted by the leading actor's involvement with Dalene Matthee's funeral. He performed the obituary, and stated that he will be performing the part of Faan in memory of her. Matthee advised him to accept the part in this classical play. Paul Eilers, who, as young man, was a member of the legendary Johan Fourie theatre company, will be playing the character of Faan, Frik Oosthuizen's mentally retarded son.
Die Oosthuizens se storie is eenvoudig, maar in hul eenvoud simboliseer hulle, ironies genoeg, basiese waardes. En in Faan se pittige humor lê die tragedie opgesluit wat enige mens aan die hart sal gryp.
albert maritz - producer
Albert se pa, DAWIE MARITZ, het self opgetree in FAAN se TREIN in die 70's. Toe het Albert al gehunker om die rolletjie van die seun te kan speel. Dit was hom nooit beskore nie. Maar vanjaar sal altwee sy eie seuns om die beurt gesien kan word op die planke saam met legendes soos Johan Malherbe.
Johan Malherbe is een van die lede van die KRUIK geselskap wat in die sewentigs sukses na sukses vir reuse gehore opgevoer het. Hy was die ster in hierdie wegholsuksesse.
Regisseursnota:
"Die herlewing van Faan se Trein is die idee van Karen Meiring en die KKNK. Die reaksie is verstommend. Goeie kommersiële teater het ooglopend 'n staanplek. Die sukses rondom hierdie opvoering bevestig die hunkering om ons unieke stories en ons dinamiese kultuur te laat leef. En ons is almal deel hiervan.
Ons sien dit hier, ons sien dit op ons skolevlak - ook waar leerders, amateurs, die publiek en alle verantwoordelike strukture hande neem om ons eie toekoms te bevorder. Die toneel is duidelik 'n maatstaf en instrument in die wese van 'n gesonde of gesond wordende gemeenskap.
Pieter Fourie (skrywer van Faan se Trein):
Die huidige produksie van Faan se Trein is net so gewild as die premiere-produksie van 30 jaar gelede en die stuk tref volgens verskeie resensente vandag selfs sterker.
Dit laatonmiddellik 2 vrae opduik. Waarin is die klaarblyklike gewildheid geanker? Wat si die kern van die stuk se nie-tydgebondenheid?
Die gewildheid is die resultaat van 'n eenvoudige, dog aangrypende storie, bevolk met maklik identifiseerbare karakters. Maar bowenal miskien 'n patos, deernis en humor wat nooit die grens oorskry na die melodramatiese en banale nie.
Sy trefkrag vir die hede lê dalk in die aksent op klasseverskille...'n erfsonde waaraan die mens seker nooit sal ontsnap nie.
Karen Meiring:
Dit is vir ons by die KKNK baie belangrik om jaarliks klassieke Afrikaanse toneel te inisieer en aan te bied in ons omvangryke program. Daar is 'n ongelooflike skat wat op die rak staan en weer 'n lewe op die planke verdien. Nie net bied dit 'n geleentheid aan ons jong en veteraan akteurs om uitdagende rolle te speel nie, maar word dit ook aan vandag se gehore gebring. Ons is baie trots op Faan se Trein en die Kanna's wat dit gewen het. Dit is 'n bewys dat daar beslis 'n behoefte is aan hierdie stukke and die KKNK sal hierdie tradisie voortsit.
Th
FAAN
- Paul Eilers
FRIK - Johan Botha
TRUIA - Sophia Hugo
DOKTER - Ivan Zimmerman
MEVROU DOKTER - Wilma Schoeman
DOMINEE - Johan Malherbe
MEVROU DOMINEE - Hannetjie Smit
SERSANT - Deon Lotz
SEUN - Viljé/ Martiens Maritz
alternerend
MUSIEK: KUNSTEKAAP ARGIEF & MUSIEKWêRELD
STEL: KOOS MARAIS, Clarence Parken, Jason Crook
INKLEDING: KOOS MARAIS, Jason Crook
KOSTUUMS: KOOS MARAIS, Jason Crook, KUNSTEKAAP
REKWISIETE: KOOS MARAIS, Jason Crook, KUNSTEKAAP
ATELJEE: Dieter & Lola Geiger
PUBLISITEIT: Linette de Kock
VERHOOGBESTUUR: Jeanne Steenkamp
REPETISIESPASIE: Hoërskool DF Malan (Bellville) se Afrikaanse Toneelvereniging (BAT)
TONEELMEESTER: Vicky Stemmet
Click on photos to enlarge
drie legendes: paul eilers, johan botha, johan malherbe
faan cast
paul eilers, johan botha,johan malherbe
trains which forms part of the invitation cards for the KKNK 2005
koos marais - bou stel
Geborg deur SANLAM, KKNK, ARTSCAPE, STUTTAFORDS VAN LINES, INTERCAPE, ABSA
Nog samewerkingsooreenkomste met Impresario
TANS met die SAGTEVRUGTE PRODUSENTE TRUST en PROCARE:
VIGSPRODUKSIE - VIGSbewustheid word geneem na die uithoeke van die platteland, en plaaswerkers word deur musiekteater bewus gemaak van die waarde van die toetsing in die stryd teen VIGS. Toetsing word ter plaatse gedoen.
TOEKOMS met HOëRSKOOL DURBANVILLE, OMNICRON en INTERCARE:
DIE PRESTIGE UITNODIGINGSAAND op 7 Oktober - Die room van Kaapse Tienertoneel op een aand, en twee trofeë vir uitnemendheid:
- Die VAN HEERDEN HEUNIS Gedenktrofee (2004 wenner - Francois Wahl, Hoërskool Parel-Vallei)
- Die KEVIN LORENZEN gedenktrofee (2004 wenner - Toneelgroep, Hoërskool Durbanville)
Verlede jaar sterf Van Heerden Heunis en Kevin Lorenzen oppad na die ATKV Tienertoneel Finaal. Hulle het bygedra tot ons kultuur met hul drome vir die toekoms. Twee trofeë - erfstukke - handgemaak deur wyle Dawie Maritz, word toegeken as aanmoediging vir elke leerder, elke onderwyser, vriend en kollega wat tienertoneel op die hart dra.
(In 2004 is ABSA/ATKV entrepreneurs-toekennings op hierdie aand aan provinsiale wenners oorhandig. Vanjaar haal leerders van KERRIA Primêre Skool in Atlantis die Nasionale Top 5.
TOEKOMS vir die Kalfiefees:
LEWENSDRAAD - geregisseer deur Albert Maritz - met die Hawstaon Toneelgroep.
VERLEDE met PROCARE en verskillende mede-vervaardigers:
3 stukke in 3 tale vir die projek HOOC (Hands Off Our Children) - bemagtig die gemeenskap teen dwelms, bendes, misdaad en die verbrokkeling van die gesin. Elke skool in die Kaap (600 000 leerders) word bereik. Statistiek deur o.a. UNISA dui op die impak van hierdie besoeke aan die gemeenskap - gemik teen die euwels wat kinders en gemeenskappe ondermyn.
VOORTDUREND met PROCARE:
DIE ELMBOOG LIG DIE HAND - 'n Stuk wat gemik is teen geweld teen vroue. Pragtige musiek, humor en drama belig hierdie volgehoue dilemma.
KONTAK Procare landswyd by 021-873 0532/ 021-864 2289.